Die storie van Ambisieblok

Ek, Reyno en Marcel was almal voorheen in 'n metal band genaamd Hidebound. Soos wat maar soms gebeur het daar twiste ontstaan tussen van die members (nie ons drie nie by the way) en die band het vergaan. Ek het actually niks te doen met die stigting van die band nie, maar aangesien ek die liedjies komponeer en die administrasie doen is ek ewe skielik in beheer van die band. Wil net sê ons het in Ambisieblok free-and-fair-elections(nes in Zimbabwe) Reyno het actually met die idee gekom dat ons 'n Afrikaanse band begin. Dit was eers net ek en hy, ons het toe saam daardie idiotiese song record Trille Tuis Tot Troudag waar ek so laag sing soos ek moontlik kan terwyl Reyno 'n lame riff speel. Wicus het nog die recording as hy dit wil op sit.(moenie!!!!) Reyno hou nog steeds vol dit is 'n cool song. Toe kry ons Marcel (drums) en Vinny(bass) by. Ons wou nog altyd vir Gerhardt(altviool) by ons musiek betrek aangesien hy 'n masjien is. Toe kry ons vir hom en Wilhelm(tromboon) by. Dinge het van daar af net geblend. Dit was regtig great. Die begin van iets groot... -AB

Ambisieblok CD

Die nuwe Ambisieblok CD sal binnekort beskikbaar wees! Hier is 'n klein voorsmakie: / The new Ambisieblok CD will be available soon, here is a preview:

Tracks:

1) Inleiding
2) EMK (Download Demo)
3) Varkie (Download Demo)
4) Hoop (Dowload Full Track)
5) As Jy Met God Speel Sal Jy Braai (Download Demo)
6) Saal C (Download Demo)
7) Suikerwater (Download Demo)

Alles mp3